Loading...
Menu
Ebooks   ➡  Fiction  ➡  Poetry  ➡  Spiritual

Stille nag

Stille nag

Chantal Pretorius

© Chantal Pretorius

Eerste druk: 2017

 

 

Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer of in enige vorm deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of- ontsluiting.

 

Voorbladontwerp: Cassie Botha

Voorbladuitleg: Cassie Botha (www.blou-ster-aanlyn-dienste.simplesite.com)

Proeflees- en redigeering: Chantal Pretorius

 

 

Eboek deur:

Shakespir aanlyn selfpubliseering

www.Shakespir.com

 

Inhoud

Not a man alive

Stille nag

Mama Afrika

Vat my hart

Skuldig

Liefdeskoors 1

Liefdeskoors 2

Vrees

Bekommernis

Ek en jy

Gister se herinneringe

Werkloos 1

Werkloos 2

Mens of dier?

Vergete liefde

Verlore

Die vreemdeling

Rooi soos bloed

Kalmte

Donker gedagtes 1

Donker gedagtes 2

Dood

Onskuld 1

Onksuld 2

Verlore woorde

Fluister

Wag

Reis

Somer

Winter

Man

Eerlikheid

My sy-kind

Sag, soos smarrag

Pyn

Liefde

Meer oor die skrywer

Not a man alive has so much luck that he can play with it. – William Butler Yeats, The Land of Heart’s Desire (1894)

 

Stille nag

Dood/stil is die atmosfeer;
verdrink in misterie-wonders;
in die donkerte 
is dit middernag, en 
alles pragtig.

 

 

Mama Afrika

Rose ongewoon wat blom in tuin, 
tog hunker na styl met stewige stam;
sagte olyfblare blom reuke van
hemel-parfuum huiwerend 
kan rose harte sag smelt;
Mama Afrika rose 
wat vroom haar liefde strooi,

dit is so mooi.

 

Rome

Om my nek
hang ’n string pêrels
wat my kêrel
vir my gekoop het
in Rome
gevul met drome.

 

Vat my hart

As die lewe ’n sprokiesverhaal was
sou ek jou my hart gee verniet
binne is daar geen verdriet;
ons romanverhaal
elke sin, elke woord gedeel
tussen ons kosbaar; baie spesiaal.

 

Skuldig

Ek’s nie skuldig aan verkul nie;
elke persoon het hul eie wil;
ek’s wel skuldig omdat ek mense liefhet;
vertrou , ken; respekteer;
dit sal ek altyd onthou.

 

Liefdeskoors 1

In my hart
is daar niks boos
net ware liefde
vir my kroos.

 

Liefdeskoors 2

Dis ek en jy;
die aarde – die strande – seestrande;
in die blou see is ons liefde in gevee.

 

Vrees

In vrees roep ek uit na die Here,

Hy hoor my gebede, gesmeek; geroep;

daar’s vreemdes in my huis, en

dis donker die aand, onheilig;

alles maak my naar,

my vrese kom nie waar nie;

niks sal my nie meer pla nie.

 

 

Bekommernis

Ek, stap in my tuin

ruik sag aan ’n roos,

vat sag aan die blaartjies;

donkergroen van kleur;

my bekommernisse is oor

al weer, maar net vir die dag.

 

 

Ek en jy

Ja.

Die gedig gaan oor ons!

Ek en jy,

ons verhouding is eintlik verby!

Nee!

Nie al weer baklei, stry

oor werkkry;

jy’t my verlei;

belowe ons gaan getrou bly aan mekaar.

Wat het gebeur?

O ja!

Jy’t ’n ander blondebom gekry,

Ha! Eintlik vry sy na my.

 

 

Gister se herinneringe

Gister is verby;

vandag gly die liefde

na môre

se sondes;

daar’s te veel hoekoms in die toekoms.

Okei.

 

 

Werkloos 1

Vandag is ek moeg

gesoek, opsoek

na ’n swak salaris

om mee te oorleef;

vandag moet my gesin

my maar vergeef

om slapgat te wees.

 

 

Werkloos 2

Ek wandel in die strate verlore;

deel CV’S uit aan base;

wat my met leë beloftes agterlaat

in die strate om te vergaan;

my gesin lei asgevolg van my daaronder.

 

 

Mens of dier?

O genade! Mens of dier?

Sadiste dra jaspelse. Sies!

Dis mos die nuwe gier van menswees;

eintlik is ons barbare van die aarde.

 

 

Vergete liefde

Siek; sat

vir verharde hart

om my in die gesig

met vergete liefde; bloedwater

dood nat te spat!

 

 

Verlore

Verlore hart; verlore siel.

Pasop! Die dwase wil ons lewens net in stilte verniel;

ons sal kniel voor die Here met ons wyse gebede!

 

 

Die vreemdeling

Ek nooi die man in

my pandok

hy dreig; intimideer my;

soek kos, klere. Nee!

Eerder gewere;

ek word fisies afgetakel;

vreemdeling, kry alles reg

weg is hy weer uit my lewe;

ek in vrees agtergelaat, maar

my beswul vir hom – die dood – sal kom.

 

 

Rooi soos bloed

Van die wal af reguit in die sloot

water rooi soos bloed

straatkind

dood!

 

 

Kalmte

By die hospitaal,

in die bank

staan ek in die tou

ek bedank

my God, vir kalmte

sommer nou!

 

 

Donker gedagtes 1

Kla ek.

Verdra ek myself elke dag

saam is my gedagtes;

sidder my tong soos ’n slang met woorde.

Ry ons deur donker poorte

opsoek na stilte; eerlike woorde, so

ingedagte.

 

 

Donker gedagtes 2

Nee!

Net nou herinneringe wat opduik;

ingedagte kry ek geen woorde uit,

net verwyte; orige trane van die verlede

wat steeds in die hede kontak met my maak;

eintlik, is my taal vetraag

in haglike omstandighede is my donker gedagtes

baas!

 

 

Dood (gewone weergawe)

In my huis

bly ek tuis

opsoek na die dood

aanvaar ek my noodlot

kla ek

met ’n brood onder die arm;

hongerly is my dood.

 

 

Dood (rym weergawe)

 

In my huis

bly ek tuis.

 

Opsoek na die dood

nagmaal is my brood.

 

Aanvaar ek my lot,

hongerly ek, soos ’n sot!

Onskuld 1

Verlore kind

op die straat gevind

in onskuld

moord

deur straatwerker verdink.

 

 

Onskuld 2

Snuif jou gom

kind

van die wind

waar niemand

jou kan vind;

alleen; verwilderd

onder bokse geklim.

 

Aandlig

koud soos die skim

kind verdwyn

onder maanlig

se vreemde

wind.

 

 

Verlore woorde

By die deftige ete drink ek vonkelwyn uit kristalhelder glase

saam met die onderhoofbase, wetend,

ek’s verlore; dronk

in die skare omring met ervare dames

eintlik verlore in woorde oor besigheidsdade wat my nie raak nie;

is die waarheid praatjies in lente van dae.

 

 

Fluister

Ek…

luister na die windjie

wat so sag fluister

in my oor

onder die appelboom

van geluk; liefde

wat die skadu’s

onheil met lig oorstroom.

 

 

Wag

Ek wag op die bergtoppie vir jou

om my bietjie skelm vas te hou.

Ek’s alleen hier; tuur uit oor die berge

dis bitter en koud die enkel-lewe van my;

so ook is die windjie wat my gedagtes

hartseer weg waai.

 

 

Reis

Op die trein van Pretoria beplan ek my reis

waarnatoe weet ek glad nie;

in my kop bestaan my reis

in my boekie sien ek foto’s van paleise, huise; pandokke;

vreemdelinge lag, gesels, wat gelukkis is;

daar waar ons die liggroen weivelde mis.

 

 

Somer

Daar lê herfsblare om my,

eintlik is dit somer;

lentemaand is hier; dit oorheers alles, geen plesier.

Hoe ek voel?

Warm.

Angstig.

Sweterig.

Om somer te verstaan met sy bedompige warm winde

wat orals waai.

Dit verdraai my gevoelens

oor somerstryd; nie partytjie tyd!

Winter

Die winter is verby; herfsblare is bly

oor die somer wat aangebreek het;

nou is Suid-Afrika meer pret

in warm somer-slet.

 

 

Man

By die partytjie dwaal sy oë rond

opsoek na mooi vroue om te behou; nie mee te trou.

 

Hy’s ’n man, dra net snyerspakke op fancy dae;

hy’s te grand vir denims, tekkies dra.

 

Vra vir vroue oor hul bedsake agter geslote deure;

daar kry hy hulle om lekker te vry.

 

Hy geniet sy manlikheid om my te manipuleer, vernietig

met verleidelike woordjies, terwyl hy my in ekstase ontbloot;

met liefde agter geslote deure vermoor.

 

 

Eerlikheid

Om eerlik te wees is ’n gawe van bo.

Om mense te vertrou is ’n vloek van dronkenskap.

Daar waar ek, ja, ek, my drome bekoor;

eerlikheid probeer toepas goor op aarde.

 

 

My sy-kind

’n Kind, so na my hart;

sy-kind is nie sy naam;

Duits kan hy wel praat ja;

dis sy geboorteland, eintlik

sy Afrikaans kry ’n klap;

hy’t daarvoor gevra in my taal.

 

Bedaar jou woede sy-kind

bly op jou hoede sy-kind

jy’s eintlik soet in onse mense se hartseer oë.

Ons sy-kind. Jy’t ons met liefde getoor!

Sag, soos smarrag

My hart is sag; breek hom, leer jou les jou pes!

Slaan jou kop teen die muur; horlosie wys dis amper eenuur.

My verstand bly besig; jy onnosel; ons woorde treusel.

Dis middag, warm; die wolkies hang laag.

Ons liefde gemors; sowaar brandarm.

Ja.

My hart is gebreek; jy’t seer.

Verdomp! Ek herleef die emosies; altyd liefde weer probeer.

Die keer pasop! My liefde is soos ‘n bok wat skop!

 

 

Pyn

Jy’s die doring in my lewe

elke pyn is gevul met opregte liefde;

elke boodskap kleef aan my

soos ’n haak- en steek doring wat nie maklik

ontbind kan word nie.

Jy’s my engel, jy.

Bly die doring in my flees

wat nie maklik uitgetrek kan word nie.

Pyn is liefde. Pyn is jy, okei.

Liefde

Ek gee vir jou ’n roos; ek wil jou troos met liefde

omdat ek omgee vir jou as my man;

die man wat ek waarlik liefhet

elke dag van my lewe;

dis al.

 

 

Meer oor die skrywer

Chantal Pretorius is lief vir lees, skryf, tuinwerk doen en spookflieks kyk!


Stille nag

  • Author: Chantal Pretorius
  • Published: 2017-07-28 14:35:14
  • Words: 1425
Stille nag Stille nag